’n Woord met die oog op die eksamens wat nie net die matrieks en ander kinders nou gaan skryf nie, maar die toetse wat ons elkeen skryf.

Die Bybel leer ons in Jak 1:12: “Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan dié wat Hom lief het”.

In die Amplified-bybel lees ons in Jam 1:12: “Geseënd (gelukkig, om beny te word) is die man wat geduldig is onder beproewing en in versoeking staan, want as hy die toets deurstaan ??en goedgekeur is, sal hy (die oorwinnaar se) lewens kroon ontvang wat God aan dié wat Hom lief het beloof het.”

  • ’n Paar dinge wat ek en jy moet onthou: Moenie die toets dop nie, want elke toets wat jy dop, gaan jy weer moet skryf.) Almal word getoets.) Jou toets is net tydelik en seisoenaal.) God is bewus van wat aangaan. As die onderwyser stil is, beteken dit nie hy of sy is weg nie. As jy toets skryf is die onderwyser ’n stille waarnemer.) God toets jou hart. In Spreuke 17:3 lees ons dat die smeltkroes vir die silwer is, en oond vir die goud is, maar die Here toets die hart van die mens.) God se reputasie is op die spel, want jy is sy verteenwoordiger op Aarde.
  • In Jam 1:2 lees ons: “Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val,” en in Jam 1:3: “Omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.” In Jam 1:4 lees ons dat alle lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie. Daar is ’n beloning wat wag. In Jak 1:12 lees ons dat hy wat die toets deurstaan het, die kroon van die lewe ontvang. Dít is wat die Here beloof het aan dié wat Hom lief het.



Past. Marius Swart is van die AGS Welkom-Noord

You need to be Logged In to leave a comment.