Die Suid-Afrikaanse dooierus-skietspan het van 24 Julie tot 4 Augustus aan die Wêreldfederasie vir Randslag- en Luggeweerskiet (WRABF) se kampioenskapbyeenkoms in die Tsjeggiese Republiek deelgeneem.
Drie lede van die Excalibur-skietklub in Welkom was in die Proteaspan. Hulle is Nick Schoonwinkel, Theuns Delport en Robin Crabb.
Delport is ’n junior, en dit was Schoonwinkel se negende deelname aan die wêreldkampioenskap. Crabb is die president van die Suid-Afrikaanse presisiesportskiet-federasie (SAPSSF).
Die Proteaspan het een silwer- en een bronsmedalje verwerf vir deelname aan drie windbuks- en drie .22-afdelings.
Delport het vier junior medaljes verower in die afdeling vir liggewig windbukse, op 25 m (brons); swaargewig windbukse, op 25 m (goud); onbeperkte windbukse op 50 m (silwer); en die .22-geweer op 50 m (silwer).
Crabb het ’n eerbewys ontvang vir ’n voltal van 250 in die swaargewigwindbuks-afdeling op 25 m.
Schoonwinkel het ’n vriendskap-eerbewys gekry vir sy diens as raadslid van die WRABF.