Ten tyde van die onderwysdepartement se geleentheid waarop presteerders in die Lejweleputswa-onderwysdistrik vereer is, is Welkom-Gimnasium as die algeheel bes presterende skool in dié distrik aangewys. Die geleentheid is Vrydag (04/03) by die Laerskool Lemotso in Thabong gehou.
Altesaam 11 personeellede het eerbewyse vir vakprestasie ontvang – ’n 100%-slaagsyfer en minimum vakgemiddelde van 50% word as kriteria vereis.
Die onderwysdistrik, onder leiding van Phaello Zonke, het ook uitsonderlik presteer, met ’n derde plek in die Vrystaat. Die distrik was nasionaal sewende.
Al die eerbewyse is na aanleiding van die matriekuitslae van 2021 toegeken.