Die Koninkryk-bedieninge van Christus in Welkom bied ’n Woordskool aan.
Hierdie skool is vir elke Bybel-student, ongeag watter Bybel-kursus reeds voltooi is.
“Ons glo passievol in jou godgegewe potensiaal,” sê Cecile Theron, direkteur van bedrywighede by die kerk.
“Hier sal jy groei in die Woord, verryk word in die Gees en groei in jou geloof- en gebedslewe. Jy sal ook opgelei en toegerus word met Bybelse beginsels vir jou alledaagse leefwyse.”
Die Bybelskool kan deur lidmate van enige denominasie bygewoon word.
Die eerste jaar bestaan uit vier modules, waarvan die eerste op 25 Januarie begin. Die sessies word Dinsdae om 18:45 aangebied.
Belangstellendes kan 057-353-4283 skakel of ’n e-pos na events@kingmin.co.za stuur.