Die Hoërskool Hennenman spog met ’n 97,9%-slaag-syfer, met 68,9%-universiteitstoelating.
Die toppresteerder is Lynné van Wyk, met agt onderskeidings. Sy is onder die top 50 in die Vrystaat, met ’n gemiddelde van 90,9%.
Sy het onderskeidings behaal in: Afrikaans huistaal (88%), Engels eerste addisionele taal (88%), lewensoriëntering (94%), wiskunde (91%), fisiese wetenskap (91%), lewenswetenskap (85%), rekeningkunde (94%) en rekenaartoepassingstegnologie (90%).
Theuns Delport het geslaag met sewe onderskeidings en ’n gemiddelde van 87,9%. Sy onderskeidings is behaal in Afrikaans huistaal (87%), Engels eerste addisionele taal (85%), lewensoriëntering (91%), wiskunde (87%), fisiese wetenskap (82%), lewenswetenskap (86%) en rekeningkunde (97%).
Kaelynn Nortje het ses onderskeidings, met ’n gemiddelde van 85,1%. Sy het presteer in: Afrikaans huistaal (91%), Engels eerste addisionele taal (89%), lewensoriëntering (88%), lewenswetenskap (84%), rekeningkunde (82%) en rekenaartoepassingstegnologie (83%)
Leané Rossouw het twee onderskeidings: in wiskundige geletterdheid (87%) en lewensoriëntering (82%). Landon Compton het ook twee: in wiskundige geletterdheid (83%) en lewensoriëntering (81%).
Nege leerlinge het een onderskeiding elk verwerf.