Skool se naam hoog in liga

Ná ’n uitstekende seisoen het vier van Welkom-Gimnasium se rugbyspanne in die eindstryd van die Griffon-skoleliga gespeel.


Ná ’n uitstekende seisoen het vier van Welkom-Gimnasium se rugbyspanne in die eindstryd van die Griffon-skoleliga gespeel.

Die wedstryde is op Saterdag 3 Augustus gespeel.

Met ’n onverwagse nederlaag teen die Hoërskool Voortrekker van Bethlehem het die onoorwonne status van Welkom-Gimnasium se eerste span ’n knou gekry, maar die span dring wel deur na die halfeindstryd van die Kovsie-liga. Dit word teen die Hoërskool Duineveld in Upington gespeel.

Die eerste span het met 28 – 36 teen Voortrekker verloor, maar die spelers het hul kop hoog gehou met die oog op die halfeindstryd van dié liga.

Die tweede span het sy eindstryd teen Voortrekker met 42 – 12 gewen. Die drie-drukkers was Vusi Ndayi (2), Kananelo Tutubala (2), Terence Tsholo (1) en Dyllan Titus (1). Dian Kleinhans het al die drieë verdoel.

“Die o.16-span wen met 37 – 27 teen Voortrekker. Desire Mkomanzi en Jaydewin Solomons het ’n goeie wedstryd in die eindstryd gehad. Die hele span het hard gewerk,” sê Kevin de Witt, afrigter .

Die o.14-span het met 14 – 25 teen die Hoërskool Trio van Kroonstad verloor.

You need to be Logged In to leave a comment.