Komberse en warm klere van alle groottes word vir die Sonskyn-projek benodig.
Dié projek, wat reeds 35 jaar bestaan, help 30 gesinne. Dit sluit in 70 vroue, 70 mans en 90 kinders, van wie een dogtertjie net tien maande oud is.
“Hoewel skenkings min is, is daar elke week nuwe hoop,” sê Alet Viljoen, stigterslid en organiseerder.
Klere, skoene, beddegoed, gordyne en nie-bederfbare kosse soos blikkieskos, rys en pasta word benodig.
Viljoen sê toiletware, skoonmaakmiddels en lekkernye kan ook bygedra word.
“Met die hulp en genade van God en die hele Welkom-gemeenskap kan ek die werk met ’n glimlag en ’n tevredenheid in my gemoed doen,” sê sy.
“Al die lof en eer aan God.”
- Enigeen wat betrokke wil raak, kan Viljoen by 072-181-1991 bel.