Leon Haak, hoof van die Amari-skool, Welkom:

In verband met meubels wat aan Amari-skool geskenk is.

Amari is ’n skool vir erg verstandelik gestremde leerlinge in Welkom.

Ons missie is om ons leerlinge optimaal binne hul vermoëns te ontwikkel ten einde hul hoogste potensiaal te bereik om sover moontlik suksesvol by die breë gemeenskap in te skakel.

Ons het 254 leerlinge, waarvan 28% wit, 61,4% swart en 10,6% kleurling is.

Hiermee my opregte dank en waardering aan u vir die bogenoemde skenking.

U lojaliteit word opreg waardeer.

You need to be Logged In to leave a comment.