Vullis op die plaas Ventersvlakte, net voor die vullisterrein by Hennenman. Foto: Verskaf


  • Vullisbrande  veroorsaakn verlies aan weiding en vee
  • ’n kontrakteur gebring en sou maande terug al die plaas se lyndraad laat vervang het
  • Ek gaan genoodsaak wees om die hooggeregshof te nader

_________________________________________________________________________

Die plaas Ventersvlakte net voor die vullisterrein by Hennenman behoort aan ’n trust wat die sakeman Salli Buonadonna verteenwoordig.

Dié plaas is vol rommel, en veld­brande ontstaan gereeld – wat ’n verlies aan weiding en vee veroorsaak.

Martie Kasselman, Buonadonna se vennoot, sê hulle het al heelwat vergaderings belê met belanghebbendes wat die Matjhabeng- munisipale bestuur en die direkteur van infrastruktuur insluit. Sy sê Lauretta Williams, direkteur, het ’n kontrakteur gebring en sou maande terug al die plaas se lyndraad laat vervang het.

“Sy het ook opgeruim en skoongemaak. Hulle het deur die gemors ’n pad geskraap en niks is opgeruim nie,” sê Kasselman.

Sy sê ’n paar munisipale werkers word betaal om te kyk dat alles vlot verloop, “maar een van hulle is verhoorafwagtend”. Daar is ’n saak van opsetlike saakbeskadiging teen hom, en hy is in ’n stadium in hegtenis geneem.

“Ons het verlede week ’n saak van diefstal van omheining by die SAPD Hennenman ingedien. As die munisipaliteit niks doen nie, gaan ek genoodsaak wees om die hoogeregshof te nader,” sê Kasselman.

You need to be Logged In to leave a comment.