Dansers van die Vibez-dansateljee in Riebeeckstad het op 4 Junie aan die Elements of Dance-kompetisie in die Ernest Oppenheimerskouburg in Welkom deelgeneem. Van links is, voor: Mia Fouché (twee silwer: Akro en hip-hop), Anandie Jacobs (goud: akro en ’n eerbewys vir die junior roetine met die hoogste punt) en Chelsea Joubert (goud: jazz en brons: hip-hop)