Giel en Sharon Oberholster se dogter Mikyla en skoonseun Christiaan de Kock het besluit hulle hou by die tradisie, en daarom het hulle klein Layla in die NG kerk Welkom-Noord laat doop – al beteken dit dat hulle al die pad van Sydney, Australië, moes kom. Dit is dieselfde kerk waar Mikyla gedoop en aangeneem en voorgestel is. Giel se pa, Giel Sr. , en ma, Cora, is ter ruste gelê in die gedenkmuur van dié kerk, en Giel is al 35 jaar ’n lidmaat hier. Hy is die eienaar van A&R Engineering in Welkom. Van links is Christiaan (met Layla), Mikyla, Sharon (ouma), Giel (oupa) en ds. Lood Oliver, wat die doop bedien het.Foto: Amanda-Louise Nel