Seun ontmoet marathonheld

Louis Massyn, die Goudveld se marathonlegende, het Saterdag (21/01) ná die 44ste Mielie-marathon deur Welkom en Odendaalsrus gery en só die geleentheid gehad om een van sy toegewyde aanhangers te ontmoet.


Louis Massyn, die Goudveld se marathonlegende, het Saterdag (21/01) ná die 44ste Mielie-marathon deur Welkom en Odendaalsrus gery en só die geleentheid gehad om een van sy toegewyde aanhangers te ontmoet.

Dit was Massyn se 40ste Mielie-marathon, en hy was destyds een van die stigterslede van dié marathon, die oudste in die Vrystaat en een van die bekendstes in die land.

Jay-De Prinsloo, ’n gr. 7-leerling aan die Brandwa­g-Volkskool, het Massyn Saterdag gekontak en hom gevra of dit moontli­k sou wees vir hom om ’n foto saam met Massyn te neem.

“Ek het Jay-De sy ouma en sy tweelingsussie, Jay-Lee, by die skool se koshuis in Odendaalsrus ontmoet,” vertel Massyn.

“Daar is aan my gesê dat ek ’n mentor vir hom is en dat hy nou foto’s van my gaan versamel en ’n plakboek gaan begin.

“Hy het ook foto’s van my gevra om die plakboek mee te begin.

“Dit is vir my ’n groot voorreg, en nog ’n eer, om ’n voorbeeld vir die jeug te kan wees,” sê Massyn.

Hy sê Jay-De was een van die leerlinge wat Saterdag tydens die marathon die roete deur Odendaalsrus vir atlete aangewys het.

You need to be Logged In to leave a comment.