Veiligheidspanne wat saamwerk as deel van die polisie-optrede Vala Umgodi het ’n man met ’n groot hoeveelheid antiretrovirale middels in sy besit naby Welkom in hegtenis geneem.
Die spanne het patrollie gedoen en waarnemingspligte in die Beatrix-myngebied nagekom toe hulle ’n wenk ontvang oor ’n man in besit van vermoedelik gesteelde eiendom.
Die inligting is opgevolg en iemand wat die gegewe beskrywing pas, is in Phakathi-rylaan in Thabong opgemerk.
Die verdagte is voorgekeer en deursoek.
Die polisie het 30 houers Luvigen- en 30 houers Myteladov-tablette is in sy besit gevind. Die polisie het ’n plaaslike apteek geraadpleeg en die apteker het bevestig dat die medisyne waarop beslag gelê is, wel antiretrovirale middels is.
’n Saak van besit van vermoedelik gesteelde eiendom, met ’n bykomende klag van die oortreding van die Wet op die Beheer van Medisyne en Verwante Middels, is by die Thabong-polisiekantoor geopen.