Tydens die Vala Umgodi-operasie in Virginia is beslag gelê op moontlike goudhoudende stof ter waarde van ’n geraamde R800 000. Ses mense is ook in hegtenis geneem vir die besit van moontlike goudverwerkingstoerusting en die oortreding van die immigrasiewet. Foto: SAPD


Die polisie optrede Vala Umgodi wat daarop gemik is om onwettige mynbedrywighede in Lejweleputswa te bekamp, gaan voort.

Die polisie het ses verdagtes vir die besit van gouddraende stof en onwettige myntoerusting in hegtenis geneem.

Op Dinsdag 12 Maart het polisielede wat deel uitmaak van die taakspan betrokke by Vala Umgodi-operasie ’n ondersoek na onwettige mynbedrywighede rondom Virginia gedoen.

Terwyl hulle by een van die myne was, is ses verdagtes, tussen die ouderdomme van 20 en 35 jaar oud, by ’n plaas in die buitewyke van Virginia in hegtenis geneem omdat hulle in besit was van moontlike goudhoudende-stof ter waarde van ’n geraamde R800 000, en ook die besit van moontlike goudverwerkingstoerusting, en oortreding van die immigrasiewet.

You need to be Logged In to leave a comment.