Ses mense is in hegtenis geneem vir openbare geweld en diefstal nadat woedende inwoners ’n vragmotor ge- plunder en uitgebrand tydens ’n diens- leweringsbetoging in Makeleketla, Win- burg. Dit het daartoe gelei het dat die N1-pad tydelik gesluit was.
Die betogers het die teerpad beskadig en verkeer moes deur Winburg herlei word. Die N1 by Winburg is Vry- dagoggend vir verkeer oopgestel.
’n Groep woedende inwoners het Voortrekkerweg by Winburg met klippe en ander voorwerpe versper. Drie ver- dagtes van 30, 32 en 38 jaar oud is vir openbare geweld en die oortreding van die Padverkeerswet in hegtenis geneem.
Tydens die onluste het die polisie gesteelde goedere in ’n huis in Masakeng gevind. Die polisie het ’n vrou (69) inhegtenis geneem, wat 60 liter verf en verftoerusting van R10 000 in haar besit gehad het.
Die polisie het ook gesteelde meubels by twee huise in die Makeleketla-woonbuurt gevind. ’n Bruin rusbank ter waarde van R5 000 is by ’n man (28) gevind en ’n verdagte (21) het ’n grys rusbank van R2 500 gehad. Hulle is in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde goedere wat uit die vragmotor op die N1 gesteel is.