Ses mense is in hegtenis geneem vir openbare geweld en diefstal nadat woedende inwoners ’n vragmotor geplunder en uitgebrand tydens ’n diensleweringsbetoging in Makeleketla, Winburg. Dit het daartoe gelei het dat die N1-pad tydelik gesluit was.Die betogers het die teerpad so beskadig verkeer moes deur Winburg herlei word.Die N1 by Winburg is Vrydagoggend vir verkeer oopgestel.Vrydag (12/08) het ’n groep woedende inwoners Voortrekkerweg by Winburg met klippe en ander voorwerpe versper. Drie verdagtes van 30, 32 en 38 jaar oud is vir openbare geweld en die oortreding van die Padverkeerswet in hegtenis geneem.Tydens die onluste het Welkom Openbare Orde Polisiëring inligting ontvang oor geroofde items wat in ’n huis in Masakeng versteek was. Hulle het ’n 69-jarige vrou gevind wat 60 liter verf en ’n verskeidenheid verftoerusting ter waarde van R10 000 is in haar besit gevind. Die vrou is aangekla van die besit van vermoedelik gesteelde goedere.Die polisie het ook geplunderde meubels by twee huise in die Makeleketla-woonbuurt gevind. ’n Man (28) is ook ’n verdagte nadat ’n bruin rusbank ter waarde van R5 000 by hom gekry is en ’n 21-jarige verdagte is gevind met ’n grys rusbank ter waarde van R2 500. Altwee van hulle is in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde goeder wat uit die vragmotor op die N1 gesteel is.