Die De Villiers Familie Lincare-sorgsentrum in Hennenman het ’n pretdag gehou om geld vir dié nie-winsgewende sentrum in te samel.
Inwoners van Hennenman en naburige dorpe het die dag ondersteun en in die opwinding gedeel.
Die plaaslike besighede het hul beursies oop gemaak en die dag goed ondersteun.
Daar was ’n pretstap, kinderpretpark, ’n motorskou en baie ander opwindende aktiwiteite deur die dag.
Marius Dippenaar, ’n plaaslike kunstenaar, het gratis opgetree en die gaste vermaak.
Die sentrum beoog weer só ’n pretdag in Desember en almal kan deelneem aan die beplande potjiekoskompetisie. Daar gaan weer ’n gaskunstenaar wees, en ’n pretpark vir die kinders.
Die Lincare-sentrum verskaf geriewe vir nasorg, langtermyn of chroniese sorg, verswakte sorg, palliatiewe sorg en ander gespesialiseerde dienste aan verswakte inwoners.
Ander gesondheidsverwante dienste vir bejaardes en verswakte pasiënte sluit in dagsorgplasing van tuisversorgers en verpleegpersoneel.
“By Lincare gee ons om vir dié wat nie meer vir hulself kan sorg nie. Ons gee om vir elkeen hier by ons,” sê Deidre de Villiers.
Vir verdere navrae kontak Linda Huyser op 083-331-8142 of De Villiers op 072-798-1550.