Sentraal24 het Vrydag (25/03) sy eerste prysuitdeling gehou sedert die vyf plaaslike koerante van Media24 in die sentrale streek onder dié vaandel uitgegee word.
Personeel van Bloemnuusen Expressin Bloemfontein, Vistain Welkom, NoordkaapBulletin in die Noord-Kaap en VrystaatKroonwat die Noord- en Oos-Vrystaat bedien, het die geselligheid bygewoon.
Helena Barnard, redakteur van NoordkaapBulletin, is aangewys as Digi Champ, vir die beste digitale voetspoor, asook Storiemaker van die jaar.
Coleen Cilliers, verkoopsbestuurder van Sentraal24, is Sentraal24 se Verskilmaker van die jaar.
Anché de Bruin, verkoopskonsultant vir Bloemnuusen Express, is met Sentraal24 se Going Beyond-eerbewys vir direkte verkope vereer, terwyl Michelle Walker, telebemarker van Vista, Sentraal24 se Going Beyond-eerbewys vir telebemarking ontvang het.
Madré Marais, hoofsubredakteur, is as Woordsmid van die jaar aangewys.