Studente van die Welkom-sangskool het aan die Goudveld-Hoërskool se taal- en kunstefees deelgeneem en het uitstekend gevaar.
Die kunstefees het van 22 tot 27 Augustus plaasgevind en studente het by die Oppenheimer Teater in Welkom opgetree.
Hulle behaal die volgende uitslae in hul onderskeie sang–katergorieë: Talitha van Sittert (3 x A+), Henru van den Berg (A, A+ en A++), Cara Swart (A+), Lize-Né van der Schyff (3 x A+), Sunél van der Vyver (A en A+), Vené Roodt (A), Leila Erasmus (A en A+), Charmoné de Villiers (A en A+), Amorique Abrie (2 x A+), Aldrich Jurrius (A+ en A++), Daneské du Toit (2 x A+ en A++), Tyla Wassmuth (A), Paballo Masita (A+), Karlien van Jaarsveld (A), Esmé van der Merwe (B+), Tamzin Jurris (2 x A++ en formele sang kategorie wenner), Alecia Joubert (2 x A++ Country wenner) en Fouché Grobbelaar (2 x A ++ en formele sang wenner).