Francois en Elizabeth Fourie besoek op 20 November die NG Gemeente Odendaalsrus om ’n lofsangdiens om 09:30 vir Kersfees aan te bied.
Somerkersfees bestaan uit ’n verskeidenheid van lof- en aanbiddingsliedere en samesang, afgewissel met gevoelvolle verse, gebede en voorlesings.
Somerkersfees het in die verlede al baie harte aangeraak. Dit is familie-vriendelik. Almal is welkom.
CD’s en DVD’s sal te koop aangebied word.
Rig navrae deur 082-929-9275 te skakel.