’n “uur van waardering” is op Dinsdag 18 Julie by die Rushof huis vir bejaardes in Hennenman gehou. Dít het egter ontaard in “‘n gyselaarsdrama.” Met hierdie petalje samel die groep vroue tussen hulle R20 000 se lospryse (binne een uur) in ten bate van Rushof. Die polisie het hulle goed van hulle taak gekwyt, en het ook terselfdertyd tyd die vroue vertel wat om in gedagte te hou wanneer iemand in ’n gyselaarsituasie sou verkeer. “Baie dankie aan elkeen van die rolspelers en die gemeenskap wat hul harte weer oop gemaak het vir Rushof,” sê Antoinette Deysel, bestuurder van die sentrum. Hier is Marthie Kasselman (staan agter) en AO Gawie van Wyk saam met van die vroue wat die geleentheid bygewoon het.

You need to be Logged In to leave a comment.