Die Primêre Skool Naudeville het onlangs tweede in die Vrystaat in ruitersport vir skole geëindig
Na afloop van die Sanesa Vrystaat se jaarlikse prysuitdeling het drie van die skool se ruiters topprestasies behaal.
Ava Adendorff het in drie kategorieë op vlak een eerste plekke behaal.
Hanno van Jaarsveld is as die skool se victor ludorum aangewys. Hy het ook die trofee vir beste vordering in die laerskool ontvang. Vir ruiterskap by Sanesa het hy op vlak een, vlak drie en vlak vyf eerste plekke behaal.
Karlien van Jaarsveld het die trofee ontvang vir die hoogste punte in ruiterkuns-laerskool, en sy het drie kategorieë (een elk op vlak 2, vlak 3 en vlak 4) gewen. Sy is ook die algehele wenner vir skousprong-laerskole.