In Welkom begin die rugbykoors jonk.

Die naweek van 25 Mei het een o.6-span, twee o.7-spanne, en ’n o.9-span van die Future Griffons-rugbyprogram aan ’n rugby dag in Hoopstad deelgeneem en het sewe van hul tien wedstryde gewen.

Die o.9-span is van links, voor: Sven du Toit, Reinhardt Lavarack, LJ Louw, Larona Ma­tlokotsi, MJ Prinsloo, Janco Conradie, Alexander Venter, Duandré Marx, Pieter Roux, Marnus Peens,Tristan Turner, Adriaan Vosloo, MJ van der Linde, Luhan Viljoen, Stephan Strauss en Keke Thekiso; agter: JW Eksteen sr. , JW Eksteen jr. , Nico Els (afrigter) en Christian Louw.Foto: Verskaf

Dié bulletjies het teen Grey College en Hoopstad gespeel.

“Ons het die naweek met ’n o.6-span, twee o.7-spanne en ’n o.9-span gespeel,” sê Nico Els, een van die afrigters.

Hunter Els van die o.7-spanFoto: Verskaf

Die o.6-span het teen Hoopstad gespeel, en die wedstryd gewen. Die o.7-spanne het in total sewe wedstryde gespeel teen Hoopstad en Grey College. Hulle het vyf van die sewe gewen.

Die o.9-span het teen Hoopstad en Grey College gespeel en het altwee wedstryde gewen.

“Wat dit so wonderlik maak is elke kind in die span is van ’n ander skool af en ons het glad nie tyd om saam te kan oefen nie die manne kom bymekaar die oggend van die wedstryde,” sê Els, van sy bulletjie-rugbyspelers.

You need to be Logged In to leave a comment.