JC Godfrey is vir die Volgende Gen XV UXi-span gekies wat in die Global Schools Challenge 2025-toernooi in Spanje gaan deelneem.

Die Hoërskool Wessel Maree in Odendaalsrus het nie ‘n tekort aan ontluikende rugbyspelers nie en twee van sy leerders, Tshiamo Ikaneng en JC Godfrey, gaan in Desember Spanje toe.

JC, ‘n gr.11-leerder, is gekies as lid van die NextGen XV UXi-span wat aan die Global Schools Challenge 2025-toernooi in Spanje gaan deelneem. Dit vind plaas van 14 tot 19 Desember by die Mediterreense sportdorp buite Salou.

JC sê rugby is sy lewe en hy beoefen die sport al vandat hy sewe jaar oud was, toe hy hom as gr.1-leerder by die Laerskool Naudeville aangesluit het.

NextGen UXi XV-span

“Ek speel nou o.19-rugby vir my skool, en ek is passievol oor rugby. Ek het eerste span gespeel voordat my mangels uitgehaal is. Ek kon vier wedstryde speel voor die operasie. Rugby beteken die wêreld vir my, en dit is vir my ‘n manier om van stres ontslae te raak. Ek speel rugby met my hele hart.”

JC sê toe hy hoor dat hy gekies is om in Spanje rugby te gaan speel vir die NextGen UXi XV-span, was hy verheug, en hy kon nie sy oë glo toe hy sy uitnodiging ontvang het nie.

LEES OOK: Skoletoernooi sluit op hoë noot af

“Ek het dadelik besef dat hierdie my geleentheid is om myself te bewys en om vir myself deure oop te maak. Dit is ‘n geleentheid waarvoor ek al my hele lewe lank wag.

JC, ‘n gr.11-leerder van die Hiërskool Wessel Maree, is lid van die NextGen XV UXi-span wat aan die Global Schools Challenge 2025-toernooi in Spanje gaan deelneem.

Van jongs af ‘n Stormer-ondersteuner

“Rugby is meer as ‘n sport. Dit is spanbou, dit is my lewe en dit is in my bloed.”

Hy was van jongs af ‘n Stormer-ondersteuner.

“My grootste droom is om eendag ‘n Stormer- of Springbok-speler te wees. Ek dank die Here vir die geleentheid en my hart loop oor van blydskap. Rugby is beslis deel van my toekomsplanne.”

JC en sy vriende gaan op 27 November in Welkom blik skud om nog geld vir sy reiskostes na Spanje in te samel.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Vista E-Edition 11 December 2025
    Vista Edition 11 December 2025

Gift this article