Rowers slaan toe

Gewapende rowers het die Paasnaweek in twee voorvalle in Lejweleputswa onderskeidelik op ’n silo en ’n kantoor van die verkeersafdeling toegeslaan.


Gewapende rowers het die Paasnaweek in twee voorvalle in Lejweleputswa onderskeidelik op ’n silo en ’n kantoor van die verkeersafdeling toegeslaan.

’n Kragkabel ter waarde van R132 000 is by Virginia se Welgeleë-silo’s afgekap en gesteel en in Winburg is geld uit ’n kluis gebuit.

’n Bende van tien het Saterdag (16/04) kort ná middernag die wagte by die silo oorrompel en ’n kabel by beskadig. Die mans het glo met ’n Lesotho-aksent gepraat.

In die ander voorval het vier gewapende mans en ’n Zoeloesprekende vrou Donderdag (14/04) om 22:30 op Winburg se verkeersafdeling toegeslaan, die sekerheidswagte aangehou en die kluis oopgesny en geld gebuit.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.