Hartseer ná die dood van ’n geliefde is moeilik om te verwerk.
Past. Wally Compton en Dirkie Prior bied van 3 Maart af ’n seminaar aan oor hoe om die dood van ’n geliefde te hanteer.
Compton sê vir buitestanders is dit soms moeilik om te begryp waarom mense wat ’n huweliksmaat, kind, familielid of selfs ’n vriend aan die dood afstaan, sukkel om die emosionele pyn te verwerk.
Grief Share is ’n ondersteuningsgroep waardeur mense die geleentheid kry om saam met ander die golwe van emosionele pyn oor die verlies van iemand na aan hulle te trotseer.
DVD’s word onder meer vertoon, en persoonlike insette oor emosionele oorwinning word gelewer.
Die sessies word opgevolg deur groepbesprekings waarin almal hul pyn en ervarings kan deel.
Die seminaar, wat oor 13 weke strek, sal elke Sondag van 16:00 tot 18:00 by die Erfdeelgemeente in Riebeeckstad aangebied word.
’n Inligtingsessie sal op 3 Maart om 16:00 in die lesingsaal van die kerk gehou word.
Vir meer inligting kontak Compton by 083-765-6621 of Prior by 084-201-0298, of skakel in kantoorure van 09:00 tot 13:00 057-388-3186.