“Die verlies van die jong lewens is moeilik om te verwerk,” skryf ’n ma op Facebook.

Verskaf

Ses mense verbonde aan die Hoërskool Riebeeckstad is in ’n busongeluk op die Moolmanshoekpad naby Ventersburg dood.

Boodskappe van medelye stroom in ná die ongeluk op Dinsdag 6 Februarie.

Betsi Schoeman, hoof van die Hoër­skool Riebeeckstad.
Hartseer leerlinge van die Hoërskool Riebeeckstad troos mekaar Woensdag.

Hartseer leerlinge van die Hoërskool Riebeeckstad troos mekaar Woensdag.

Die ongeluk het gebeur toe die bus met 58 meisies op pad huis toe was ná ’n kamp. Die bus waarin hulle op die R70-pad van Ventersburg na Senekal gery het, het sowat 30 km vanaf Ventersburg omgeslaan.

Die ongeluk het die gemeenskap verpletter, en boodskappe van skok en ondersteuning stroom op die sosiale media in.

Baie vrae is oor die oorsaak van die ongeluk en leerlinge wat die ongeluk oorleef het, geopper.

Beseerde leerlinge is na verskeie hospitale in Welkom, Virginia, Bethlehem en Senekal vervoer. Ses slagoffers is op die toneel dood verklaar.

LUR Mohale, terwyl hy met die skoolhoof gepraat he

LUR Mohale, terwyl hy met die skoolhoof gepraat het, was oorweldig deur emosies en het in trane uitgebreek. Dit het ‘n kettingreaksie laat ontstaan ??toe die aanwesiges ook begin huil het. also began to cry.

’n Reddingspoging om oorlewendes uit die bus te bevry, het tot Dinsdag omstreeks 20:00 geduur.

Volgens ’n bron van die Bongani-hospitaal is 24 ongevalle ontvang, waarvan vier ernstig – met kop- en ruggraatbeserings.

Een pasiënt is intussen na die Mediclinic Welkom oorgeplaas. Die bron sê 22 pasiënte het ligte beserings gehad en is behandel en ontslaan.

Gemoedere was swaar en dit het al hoe duideliker g

Gemoedere was swaar en dit het al hoe duideliker geword dat iets uiters verskrikliks gebeur het. By die ontvangs van die skool se administrasieblok is kerse aangesteek om hulle meegevoel te betuig

By Mediclinic Welkom is 17 pasiënte behandel, waarvan twee nog in die hospitaal is.

By die Itemoheng-hospitaal in Senekal is vier pasiënte opgeneem. Twee is na die Dihlabeng-hospitaal oorgeplaas, en twee is ontslaan.

Woensdag-oggend het die premier van die Vrystaat, Mxolisi Dukwana, lede van die Vrystaatse departement van onderwys en raadslede die skool besoek om hul medelye te betoon.

Skoolkinders het openlik gehuil toe die realiteit

Skoolkinders het openlik gehuil toe die realiteit dat ses van hul skoolmaats weg is en nooit weer sal terugkom nie, uiteindelik ingesink het. So ook die onderwysers wat ongetwyfeld ‘n sterk band met die leerders ontwikkel het.

In ’n boodskap op die skool se Facebook-blad skryf die hoof, Betsi Schoeman, dat die Riebies-skoolgemeenskap geskok en hartseer is oor die gru-busongeluk.

“My innige meegevoel, simpatie, liefde en ondersteuning gaan aan die getraumatiseerde ouers, leerlinge en vriende. Ons bid vir krag, kalmte en die liefde van God vir ons skool, gemeenskap en almal betrokke,” sê sy.

’n Verklaring van die premier se kantoor bevestig dat die meisies op pad terug was van ’n buiteluggeleentheid in Moolmanshoek naby Rosendal.

“Hierdie tragedie het getref terwyl ons besig was om die sukses van die matriekklas van 2023 te vier. Die dood van daardie siele het ons beroof van die toekoms van ons provinsie. Ek het nie woorde nie, ek kan myself net indink waardeur die families gaan. Ek betuig graag my innige meegevoel met die bedroefde families en wens ook die beseerdes ’n spoedige herstel toe,” sê hy.

Hartseer leerlinge van die Hoërskool Riebeeckstad

Hartseer leerlinge van die Hoërskool Riebeeckstad troos mekaar Woensdag.

Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, sê in ’n verklaring dat dit nie die soort nuus is wat ’n ouer verwag nie.

“Ons hoop dat ’n ondersoek lig sal werp op die oorsake van wat hier gebeur het. Hierdie is nie die soort nuus is wat jy verwag nie.

“Die verlies van die jong lewens is moeilik om te verwerk,” skryf ’n ma op Facebook.

  • Hou Vista se blad op Netwerk24 dop vir die nuutse inligting oor dié ontwikkelende storie.

You need to be Logged In to leave a comment.