Riebeeckstad se probleme steeds in die loep

Ek het nou al seker tien keer hierdie probleme deurgegee, maar niemand kom terug na my toe nie. Die straatligte in Maree- en Mozartstrate, Riebeeckstad is al jare buite werking. […]


Ek het nou al seker tien keer hierdie probleme deurgegee, maar niemand kom terug na my toe nie.

Die straatligte in Maree- en Mozartstrate, Riebeeckstad is al jare buite werking. Dis pikdonker en die straatlig op die hoek is afgebreek. Dit is die bymekaarkomplek van kwaaddoeners. Vrydae en Saterdagaande word partytjie gehou en musiek speel kliphard.

Die straatligte wat wel werk brand 24/7. Die reuk van dagga verswelg die lug en gebreekte bottels word net daar gelos.

Mozart en Maree strate het gevaarlike slaggate.

Leerlinge loop in die middel van die pad.

Motoriste moet vir hulle uitswaai en beland in die gate.

Jan Jacobs en sy span Handjievol het al heelwat slaggate in woonbuurte herstel. Hierdie mense het al ‘n groot verskil gemaak. Ons was vandag weer amper in ‘n noodlottige ongeluk. Elke dag wei beeste, bokke en verwaarloosde honde op die middelman op die pad van Riebeeckstad na Welkom en ook op die pad van Welkom na Virginia. Hoekom is ons verkeersdepartement nooit sigbaar nie? Eerlikwaar ek is al keelvol vir al die probleme.

Kom ons Goudvelders vat hande en volg Jan en Handjievol se voorbeeld.

Ek glo en vertrou dat ons, ons woonbuurte kan skoon en netjies hou.

My droom is om Lottoland te nader om ons dorp weer ‘n lushof te maak.

Die grootste beloning vir diensbaarheid is die bevrediging van jou eie hart.

You need to be Logged In to leave a comment.