Rampbestuur in Vrystaat is ’n ramp

Skade wat deur onlangse storms in verskeie dele van die Vrystaat aangerig is, het beklemtoon hoe onvoorbereid die provinsiale regering is om natuur- en ander rampe, soos die waterkrisis in die Vrystaat en veldbrande wat dele van die land verwoes het,


Skade wat deur onlangse storms in verskeie dele van die Vrystaat aangerig is, het beklemtoon hoe onvoorbereid die provinsiale regering is om natuur- en ander rampe, soos die waterkrisis in die Vrystaat en veldbrande wat dele van die land verwoes het, te hanteer.

Die Demokratiese Alliansie in die Vrystaat het hierdie kwessie herhaaldelik met die huidige regering geopper en die noodsaaklikheid van ’n funksionele en goed toegeruste rampbestuursentrum beklemtoon.

Die Pelonomi-rampbestuursentrum is in Junie 2022 deur die departement van arbeid gesluit weens ernstige arbeidsoortredings.

Die LUR vir samewerkende – regering en tradisionele sake (Cogta) het R10 miljoen in 2023 beskikbaar gestel om ’n provinsiale rampbestuursentrum te hervestig, maar tot op hede is geen sigbare vordering gemaak nie.

Die regering het gewys dat hy nie toegerus is en onwillig is om die vyf noodsaaklike beginsels vir effektiewe rampbestuur te implementeer:

1. Voorkoming en risikovermindering;

2. Beperking van gevolge en erns;

3. Noodgereedheid;

4. Vinnige en effektiewe reaksie;

5. Voorsiening vir herstel en rehabilitasie.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.