Die brandweermanne het ook
nie maskers of ander veiligheidstoerusting nie en selfs die brandkrane naby die
brandende gebou het nie gewerk nie. Brandbestryders moes elke keer ’n ent weg
ry om water te tap. ’n Brand het Donderdag ontstaan in ’n gebou van ’n
onderneming wat herwinning doen. Die plastieksakke, papier en ander
afvalmateriaal het vinnig vlamgevat, maar Taljaard sê hulle kon gelukkig die
brand geblus kry. “Was dit nie vir ’n private maatskappy nie, het die gebou
afgebrand. “Gelukkig was die maatskappy wat chemiese opruimings doen en ander
nooddienste verrig vinnig op die toneel.” Taljaard sê die
Matjhabeng-munisipaliteit, wat Allandridge, Hennenman, Ventersburg, Virginia,
Welkom en Odendaalsrus bedien, het net twee brandweerwaens. Taljaard sê huise
in bykans al die dorpe het al afgebrand omdat die munisipaliteit nie meer ’n
werkende brandweerdiens het nie. Die brandweerwaens moet te ver ry om brande te
kan blus en dit lei tot groot skade aan eiendom. Taljaard sê sy het al voorheen
die brandweerkwessie onder die munisipaliteit se aandag gebring. “Eers was al
die brandweervoertuie buite werking omdat daar glo nie geld was om die voertuie
te diens nie. Nou is die voertuie weer in ‘n werkende toestand, maar hulle het
nie water om die brande mee te blus nie. “Die brandslange word met
plastieksakke geheg en aanmekaargehou, maar die bietjie water wat daar wel is,
spuit by lekplekke uit en dien geen doel nie. Dit is ‘n absurde situasie,” het
sy gesê. Die munisipaliteit was nie onmiddellik vir kommentaar beskikbaar nie
Pype van brandweerwa lek soos ’n sif
Plastieksakke is Donderdag (31/08) om die gehawende pype van die brandweerwaens in Welkom gedraai in ’n desperate poging om ’n brand in ’n gebou te probeer blus. Susan Taljaard, ’n VF Plus-raadslid, sê die pype is so stukkend dat meer water uitlek as wat gespuit word.
Share this post:

Share this post:
Related Articles
Leave a comment
You need to be Logged In to leave a comment.