Meer as 200 leerlinge van Welkom het die Sakkie vir ’n Sakkie Lekkers-projek ondersteun.
Dié projek, gedryf deur die Welkom-Volkskool en Solidariteit se Ons Winkel, het drie weke geduur.
Dit het op 14 Februarie tot ‘n einde gekom.
Met die oorhandiging aan die winkel het die skool twee bussies vol artikels afgelaai.
Solidariteit ondersteun die skool se behoeftige families op verskeie maniere.
Met dié projek wou die skool blootstelling aan die winkel gee en mense aanmoedig om skenkings te doen.
Dié winkel verwelkom enigiets wat die publiek wil skenk sodat dit weer verkoop kan word.
Die wins word aangewend om die winkel aan die gang te hou, mense deur projekte by te staan en studiebeurse aan te bied.
Die winkel is einde Januarie in Stateway, Welkom, geopen.