Projek maak ’n groot verskil

Die Laerskool Voluit in Virginia het op Vrydag 15 November ’n skoenedag by die skool gehou om kos vir die Virginia DBV in te samel.


Die Laerskool Voluit in Virginia het op Vrydag 15 November ’n skoenedag by die skool gehou om kos vir die Virginia DBV in te samel.

Die dag is deur die skoolkoerant se redaksiespan gereël, en is deur ouers en leerlinge ondersteun.

“Hierdie betekenisvolle inisiatief het die deernis en gemeenskapsgees van die leerlinge van Voluit duidelik gemaak,” sê Anuschka Cronje, woordvoerder vir die skool.

Thea Smith, voorsitter van die DBV-tak in Virginia, het haar opregte dank namens die DBV uitgespreek.

Sy het beklemtoon hoe waardevol sulke bydraes is om hul voortdurende missie om vir diere in nood te sorg, te ondersteun.

Hierdie inspirerende poging het nie net tasbare ondersteuning aan die DBV gebied nie, maar ook ’n gevoel van verantwoordelikheid en empatie by die leerlinge gekweek.

“Dit was ’n spesiale oomblik toe die redaksiespan en ’n paar leerlinge die dierekos aan Dot Macleod en Morake Tshele van die DBV oorhandig het,” sê Cronje.

You need to be Logged In to leave a comment.