Sounds of a Classical Christmas #6toer sal van 13 November tot 4 Desember plaas vind. Van links, voor: Megan Pullen, Trudene Schoeman, Charlene Scarcella en Dean Scarcella

Sedert die eerste produksie van Sounds of a Classical Christmas in 2016, het hierdie produksie gegroei en vermaak dit gehore jaarliks oor die Kerstyd.

Ovation Entertainment, die Goudveld se plaaslike produksiehuis, met musikante en kunstenaars uit die Goudveld is gereed om gehore weer te vermaak met ’n orkes en sangers.

Sounds of a Classical Christmas #6 toer van 13 November tot 4 Desember.

Dit begin in Welkom op 13 November en is daarna in Bothaville (13/11), Ventersburg (20/11), Senekal (20/11), Odendaalsrus (27/11) en Klerksdorp (04/12).

Mense wat die vertonings bywoon, sal die geleentheid kry om Kersliedere saam met die orkes te sing.

Van die liedere wat vanjaar opgevoer gaan word , Pie Jesu”, “Hierdie Kind”, “Gekruisigde Hande” en die groot treffer “Jerusalem.

Die vervaardigers van Sounds of a Classical Christmas #6 is Nelius Schoeman, Trudene Schoeman en Frank Janse van Rensburg (Ovation Entertainment).

Die orkes bestaan uit Trudene Schoeman (pianis), Charlene Scarcella (saksofoon en klarinet), Justus Liebenberg (klassieke- en elektriese kitaar) en Dean Scarcella (perkussie).

Die sangers is Frank Janse van Rensburg, Trudene Schoeman, Megan Pullen en die nuutste lid van Ovation Entertainment wat sy debuut op die Kersverhoog maak, Jacobus Cooks.

Geen kaartjies word verkoop nie, slegs kollekte sal opgeneem word. Bel Nelius Schoeman by 083-629-8098 vir meer inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.