Antoinette Schoeman, Riebeeckstad:
Die gevaarlike situasie in Strausstraat, Riebeeckstad is al baie maal aangemeld, maar daar word niks daaraan gedoen nie.
Ek stap al vir maande in die straat en het al vele lekplekke gerapporteer.
Op 15 Augustus het ek weer in die straat gestap en het gesien hoe rondloper honde en klein kindertjies van die vrot water drink. Dit is ’n gevaarlike situasie veral in die donker aangesien daar geen waarskuwingstekens is nie.
Ek was amper raakgery deur ’n voertuig en amper in die gat vol water beland toe ek moes pad gee vir die jaagduiwel. Hier word triljoene liters water gemors en ons is al drie dae weer sonder water. Ek kan nie verstaan hoekom die munisipaliteit se onderhoud-departement so treurig is nie.
Ons pensioenarisse sukkel om kop bo water te hou, maar betaal moet ons betaal vir geen dienste gelewer.
Hoekom kan daar nie vir pensioenarisse ’n verligte tarief ingestel word nie? Dit kan ’n groot verskil vir ons maak.