Vir die hongerte is daar boereworsrolletjies en potjiekos. ’n Potjiekos-kompetisie begin om 08:00. Borde word van 12:00 af verkoop.

Supplied

’n Oggend propvol pret en plesier is op die program by die Lincare-sorgsentrum, ’n niewinsgewende sentrum, se geldinsamelingsgeleentheid op Vrydag 15 Desember in Hennenman.

Henry Hollander sal die gaste met sy liedjies en aangename persoonlikheid vermaak, terwyl pappas en mammas by die biertent kan ontspan omdat die program vermaak vir die jongspan insluit. ’n Springkasteel, vierwielmotorfietse, waterbalonne en vele ander aktiwiteite kan verwag word.

Vir die hongerte is daar boereworsrolletjies en potjiekos.

’n Potjiekos-kompetisie begin om 08:00.

Borde word van 12:00 af verkoop.

Rig navrae aan Deidre de Villiers by 072-798-1550.

You need to be Logged In to leave a comment.