Die Goudveld-Hoërskool in Welkom spog met ’n 98,5% matriekslaagsyfer vir die 2023 akademiese jaar .
Daar het 94% van sy leerlinge vir tersiêre onderwys gekwalifiseer.
Dié skool behaal ’n 100% Engels addisionele taal slaagsyfer en ’n 100% Afrikaans-huistaal slaagsyfer. Altesaam is daar 97 onderskeidings behaal.
Die twee toppresteerders by die skool is Michaela Pottas en Nina Schonken, wat elk sewe onderskeidings behaal het.
Michaela behaal ’n onderskeiding in Afrikaans (91%), Engels (81%), wiskunde (88%), fisiese wetenskappe (85%), lewenswetenskappe (91%), rekeningkunde (94%) en lewensoriëntering (93%). Haar gemiddeld is 89%.
Nina het onderskeidings behaal in Afrikaans (87%), Engels (83%), wiskunde (87%), fisiese wetenskappe (80%), lewenswetenskappe (88%), rekeningkunde (93%) en lewensoriëntering (95%), met ’n gemiddeld van 88%.