Die seun van die Vrystaatse LUR vir Gesondheid, Nokwanje Selina “Mathabo” Leeto, is na vyf dae ongedeerd gevind.
Lehana Junior Leeto (16) is deur sy pa, Lehana Leeto, wat in Welkom woon, as vermis aangemeld nadat hy op Vrydagaand 8 September nie teruggekeer het huis toe nie.
Hy het hom Maandag by die Welkom-polisiekantoor in Jan Hofmeyerweg as vermis aangemeld.
Die ondersoekspan onder leiding van lt kol. Bizzah Ntsiane, bevelvoerder van die Welkomse eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe, het elke leidraad opgevolg en die seun is Dinsdag omstreeks 23:00 by ’n huis in Zombastraat, Welkom, gevind.
Albei ouers het die polisie bedank vir hul ywer en toewyding, wat daartoe gelei het dat hul seun flink opgespoor is.
Junior se ma is ’n Suid-Afrikaanse politikus wat sedert 2023 as die Vrystaatse LUR vir Gesondheid dien.
Sy is ook ’n lid van die Vrystaatse Wetgewer, en ook die tesourier van die ANC in die Vrystaat.
Sy het Montseng Tsiu onlangs opgevolg.