’n Meningstuk deur Larry Crisp, kommunikasiebestuurder, Departement van Water en Sanitasie, Vrystaat:
Water meng goed met baie goed soos sap, tee en daardie vloeistof waarsonder meeste van ons nie die dag behoorlik kan begin nie, koffie.
Stel jou voor jy kook jou gunsteling pap sonder water. Dit maak net nie sin nie en is onmoontlik. Daar is een ding wat bo-aan jou gedagtes opkom wanneer jy dink oor waarmee water nie moet meng nie, en dit is politiek.
Ja, elke Suid-Afrikaner het die reg op water, maar in daardie stelling moet ingebed wees dat elke Suid-Afrikaner ook hierdie kosbare hulpbron moet beskerm. Suid-Afrikaanse water- en sanitasie-infrastruktuur het die afgelope paar jaar ’n vlaag van vandalisme gely wat die meeste munisipaliteite nie in staat gestel het om dienste aan gemeenskappe te lewer nie.
Die herlewing van infrastruktuur van hierdie aard is nie ’n oornagproses nie en vereis in sommige gevalle miljoene. Munisipaliteite is nie in staat om dit self te doen nie en die departement van water en sanitasie moet die meeste geleenthede ingryp. Baie gemeenskapslede betaal nie hul dienste of hulle dit kan bekostig of nie. Chemikalieë wat nodig is om water volgens drinkstandaarde te kry, is nie gratis nie en ook nie goedkoop nie, maar baie verwag om skoon water te kry sonder om ’n sent af te skei. Wanneer ons dit nie kry nie, gaan ons die strate in en brand bande want dit is die Suid-Afrikaanse manier.
Met enige infrastruktuur, paaie, elektrisiteit, water of sanitasie is dit ’n gee-en-neem situasie. Dit kan nie gratis dienste wees nie, aangesien konstante instandhouding gedoen moet word om te verseker dat dit in ’n aanvaarbare toestand bly. Dit is jammer dat politiek in sommige gevalle ’n rol speel wanneer dit by hierdie kritieke dienste kom.
Sabotasie van infrastruktuur is ’n kaart wat goed gespeel word om onstabiliteit in ’n munisipale gebied te skep. Die vraag wink: Hoekom sal iemand ’n hulpbron saboteer wat hulle en hul bure van water voorsien? Hierdie mense gebruik hierdie water as ’n politieke wapen om die munisipaliteit te probeer diskrediteer. Die doel is gewoonlik om betogings uit die gemeenskap aan te blaas, en dit kan verskriklike gevolge hê.
As jy bogenoemde stelling bevraagteken, let noukeurig op na mediaberigte oor betogings in aanloop tot die nasionale verkiesing wat volgende jaar sal plaasvind. Dit is onvermydelik dat water bestem is om ’n selfs meer gewaardeerde kommoditeit en waarskynlike bron van konflik te word as tans. Gemeenskappe moet nie toelaat dat water as ’n wapen gebruik word om persoonlike kwessies op te los nie.
Bly waaksaam en rapporteer enige verdagte aktiwiteite naby watersuiwerings- of afvalwaterbehandelingsaanlegte by die polisie of by die plaaslike munisipaliteit. Die spreekwoord lui: “As olifante veg, is dit die gras wat swaarkry”.