Veiligheidsbeamptes wat onder Vala Umgodi werk, het goudklontjies wat 10,50g weeg en meer as 25kg goudhoudende materiaal in Putswastene, Thabong, gekonfiskeer.

“Die veelsydige Operasie Vala Umgodi vorder steeds goed,” sê lt. kol. Thabo Covane, woord-voerder van die Vrystaatse polisie.

Op Vrydag 16 Mei het agente ‘n wenk van die gemeenskap ontvang oor onwettige mynbouaktiwiteite in Thabong. Goudverwerkingstoerusting is gekonfiskeer en die 36-jarige verdagte is in hegtenis geneem.

‘n Saak van besit van onbewerkte edelmetale, besit van vermoedelike goudhoudende materiaal en goudverwerkingstoerusting is by die Thabong-polisiekantoor geopen.

− Marti Will

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Untitled post 265989
    Vista E-edition 10 July 2025