Polisie vind R7 miljoen se onwettige sigarette

Daar is beslag gelê op onwettige sigarette met ’n waarde van meer as R7 miljoen.


Daar is beslag gelê op onwettige sigarette met ’n waarde van meer as R7 miljoen.

Onwettige sigarette ter waarde van meer as R7 miljoen is in ‘n pakhuis in Welkom gevind. Foto: Verskaf
onwettige sigarette ter waarde van meer as R7 milj

onwettige sigarette ter waarde van meer as R7 miljoen is in ‘n pakhuis in Welkok gevind

Dit het gevolg tydens ’n samewerkingsoptrede tussen die polisie en die Suid-Afrikaanse inkomstediens (SAID) by ’n pakhuis in Welkom.

Lede van die Welkom K9-eenheid het inligting ontvang oor ’n buitelander wat onwettige sigarette met ’n wit Toyota Camry versprei.

Inligting is op Vrydag 27 September opgevolg. Daar is berig dat die sigarette in verskillende stooreenhede by Cedar Park Centre in Welkom geberg word.

Die span het ’n ondersoek by dié stoorgeriewe gedoen waar hulle 787 bokse onwettige sigarette ter waarde van R7 083 000 000, ’n DVR-hardeskyf en ’n faktuurboek gevind het.

Twee mans, onderskeidelik 32 en 29 jaar oud, is in hegtenis geneem vir die besit van onwettige sigarette.

You need to be Logged In to leave a comment.