Operasie Vala Umgodi in die Lejweleputswa-distrik het na die inhegtenisneming van 52e verdagtes gelei

SAPS

Altesaam 52 mans, van wie die meeste buitelandse burgers is, is in hegtenis geneem onder die vermoede dat hulle by verskeie kriminele aktiwiteite in Welkom en Virginia betrokke was.

Operasie Vala Umgodi in die Lejweleputswa-distrik het na die inhegtenisneming van die verdagtes gelei.

Dié veldtog het betrekking op die nasionale ingryping teen onwettige mynbou en is uitgevoer met die betrokkenheid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW), die Taktiese Reaksiespan (TRT) en Openbare Orde-polisiëring (POP).

Die verdagtes is in hegtenis geneem vir onwettige im­migrasie, die verkoop van drank sonder ’n lisensie, drink in die openbaar, diefstal, die besit van vermoedelik gesteelde eiendom en die besit van dwelms.

Hulle het in die landdroshof in Welkom en Virginia verskyn nadat hulle op onderskeidelik 15 en 16 Januarie in Welkom en Virginia in hegtenis geneem is.

Terwyl die veldtog op 15 Januarie na die X5-voorstad in Virginia voortgegaan het, is ’n 40-jarige man in hegtenis geneem vir die besit van moontlik goudhoudende materiaal en onwettige immigrasie.

Die volgende dag by Albany Park in Meloding is ’n 63-jarige man in hegtenis geneem vir die besit van moontlike goud­houdende materiaal.

You need to be Logged In to leave a comment.