Dié lede van die Welkom K9-eenheid het op 15 Maart 15 buitelandse burgers in Ventersburg in hegtenis geneem. Foto: SAPS


Die Welkom-polisie se K9-eenheid het tydens hul misdaadbekamping in Ventersburg ’n bus met ’n buitelandse registrasienommer by ’n vragmotorstaanplek opgemerk.

Die passasiers is genader en versoek om hul dokumentasie wat sou bewys hulle is wettig in Suid-Afrika oor te handig.

Altesaam 15 insittendes het nie paspoorte gehad nie, en op 15 Maart is ses vroue en nege mans vir die oortreding van die immigrasiewet in hegtenis geneem.

Nog ’n man is in hegtenis geneem en aangekla vir die belemmering van die saak van geregtigheid en Crimen Injuria.

You need to be Logged In to leave a comment.