Die Bronville-polisie se eenheid vir sosiale misdaadvoorkoming het ’n bewusmakingsveldtog oor
geslagsgebaseerde geweld (GBG) en tienerswangerskap by die Laerskool Polokong gevoer.
Kapt. Liezel Goosen van die Thabong-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe het op 23 Augustus leerlinge van skole in Bronville oor seksuele misdrywe toegespreek.
Sy het ook misdaadvoorkomingswenke wat hiermee verband hou gedeel.
Die veldtog is deur lede van die sigbare polisiërings-bevelvoerder en die slagofferbemagtigings-program bygewoon.
Famsa en die departement van onderwys was ook teenwoordig en lede van die Mans vir verandering- en die vroue-netwerk het pamflette met veiligheidswenke versprei.