Jessica Zumari Nagel (12) wat op Vrydag 28 April die laaste keer by haar huis in Odendaalsrus gesien is. Foto: Verskaf


Die polisie in Odendaalsrus vra hulp om die vermiste 12-jarige Jessica Zumari Nagel op te spoor.

Sy is die laaste keer op Vrydag 28 April by haar huis in Odendaalsrus gesien.

Sy het glo na die Welkom-bushalte gegaan om na Oos-Londen te reis. Sy was in ’n grys sweetpak gekleë.

Enigiemand met inligting moet die Odendaalsrus SAPD by 057-916-2400 of Missing Children South Africa by 072-647-7464 kontak.

You need to be Logged In to leave a comment.