’n Man van Virginia is van die onwettige kweek en besit van dagga aangekla nadat ’n daggakwekery in dié dorp uitgesnuffel is.
Jakobus Lourens (28) is op 12 April in hegtenis geneem en staan tereg op aanklagte van die onwettige kweek en besit van dagga. Hy is Donderdag (14/04) op borgtog van R3 000 vrygelaat.
Die polisie het inligting opgevolg en saam met lede van die honde-eenheid in Welkom op ’n erf in Virginia toegeslaan waar ’n goed toegeruste kweekhuis met verskillende dagga-variëteite aangetref is, sê lt.kol. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke.
Daar is op verskillende soorte daggasaad, ’n bevogtiger en daggaplante, asook chemikalieë en kweekhuisligte, beslag gelê.
Dagga van verskeie variëteite met etikette op is in ’n vrieskas in ’n slaapkamer van die huis gekry, sê Nkwalase.
Die waarde van die dagga en die toerusting word op R70 000 geraam.
Lourens moet weer Donderdag (28/04) in die hof verskyn.
Daar is op daggasaad, ’n bevogtiger en daggaplante, asook chemikalieë en kweekhuisligte, beslag gelê.