By die Moeletsi-hostel in Thabong is beslag gelê op 67 sakkies gedroogde daggablare wat 0,96?kg weeg en kontant wat vermoedelik die opbrengs van dwelmverkope is.

SAPS

Die bekamping- en proaktiewe span van Operasie Vala uMgodi het intelligensie-gedrewe inligting geoperasionaliseer, en ’n 53-jarige man is in hegtenis geneem weens handel in dagga.

Hy is by die Moeletsi-hostel in Thabong, uitbreiding 4, aangekeer. Daar is beslag gelê op 67 sakkies gedroogde daggablare wat 0,96 kg weeg en kontant wat vermoedelik die opbrengs van dwelmverkope is. Die polisie het ook ’n winkel, waar 11,46 kg Swazi-dagga gehou is, deursoek.

You need to be Logged In to leave a comment.