Hoëdigtheid-polisieoptredes in die Vrystaat, wat onder die sambreel van Operasie Shanela val, het gelei tot die inhegtenisneming van 1 422 verdagtes.

Tussen 3 en 9 November is geïntensiveerde optredes in verskeie dele van die provinsie uitgevoer, na aanleiding van spesifieke direktiewe van die parlement wat daarop gemik is om te verseker dat alle inwoners van Suid-Afrika veilig en beskerm voel.

In die Lejweleputswa-distrik het optredes op die Goudveldgebied gefokus, insluitend Odendaalsrus, Bothaville, Thabong, Welkom, en Virginia.

‘n Verdere 1 034 is gevang vir misdrywe tydens die operasie., wat insluit die besit van dwelms.

In die Thabo Mofutsanyana-distrik het fokusgebiede Bohlokong en Phutha-ditjhaba ingesluit, terwyl operasies in die Mangaung-metro op Mangaung, Boithuso, Selosesha en Wepener gefokus het.

Die Fezile Dabi-distrik het hoofsaaklik op Sasolburg gekonsentreer.

Onder die 1 422 verdagtes wat in hegtenis geneem is, was 388 gesoekte verdagtes. Dit sluit in 101 verdagtes wat gesoek is vir aanranding, 21 vir verkragting, en ander vir moord, poging tot moord, en verskeie seksuele misdrywe.

‘n Verdere 1 034 is gevang vir misdrywe tydens die operasie. Dit sluit in: besit van gevaarlike wapens (55), besit van dwelms (81), kwaadwillige beskadiging van eiendom (53), bestuur onder die invloed van drank (55) en huisbraak (16).

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Vista E-Edition 11 December 2025
    Vista Edition 11 December 2025

Gift this article