Polisie red twee van groep

Binne drie dae het die Lejwele­putswa-polisie hard toegeslaan op dwelmhandelaars, asook gemeenskaps­lede wat gepeupelreg uitgespreek het oor ’n vermeende dief.


Binne drie dae het die Lejwele­putswa-polisie hard toegeslaan op dwelmhandelaars, asook gemeenskaps­lede wat gepeupelreg uitgespreek het oor ’n vermeende dief.

Lede van die polisie het op Sondag 21 April een ??van twee vermeende inbraakverdagtes van woedende inwoners gered. Die twee verdagtes is toe dadelik deur die polisie in hegtenis geneem.

Lede van Welkom se eenheid vir openbare-orde-polisiëring, onder leiding van AO Thabo Booy, was op pad na die Vuyo Charles-stadion, Thabong. Die doel was om die Inkatha Freedom Party-saamtrek te moniteer, toe hulle by die woedende skare verbybeweeg wat in die 2010 Village-nedersetting in Thabong vergader het. Die inwoners het beweer dat die man wat hulle beskuldig het, by iemand se huis ingebreek het en ’n selfoon en skoene gesteel het.

“Die inwoners is gemaan om nie die reg in eie hande te neem nie, anders sou hulle in hegtenis geneem word,” sê kapt. Stephen Thakeng, media­skakelbeampte vir die Lejweleputswa-polisie.

“Die verdagte is gered en het vrywillig aan die polisie gewys waar hy die ander gesteelde artikels verkoop het. Die tweede verdagte is met die vermoedelik gesteelde artikels gevind.

“Die eerste verdagte (26) is in hegtenis geneem vir huisbraak en diefstal, en die tweede verdagte (28) is aangekla vir die besit van vermoedelik gesteelde artikels. Daar is beslag gelê op skoene en ’n selfoon,” sê Thakeng.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.