Polisie teiken onwettige handel in bedreigde spesies

Twee buitelandse burgers is in Mmamahabane en Ventersburg in hegtenis geneem omdat hulle in besit was van bedreigde of beskermde spesies (Tops) was.


Twee buitelandse burgers is in Mmamahabane en Ventersburg in hegtenis geneem omdat hulle in besit van bedreigde of beskermde spesies (Tops) was.

 

Op 7 Julie het die polisie in samewerking met die departement van kleinsakeontwikkeling, toerisme en omgewingsake (Destea) omgewingsbewaringsbedrywighede in dié distrik uitgevoer.

 

In Mmamahabane is ‘n 48-jarige man in hegtenis geneem op drie aanklagte van die besit van TOPS-spesies.

 

Hy het geen permitte vir die eksemplare  wat in sy besit gevind is, gehad nie en hy is glo ook onwettig in die land.

 

Op dieselfde dag het die operasionele ondersteuning, die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en die Ventersburg SAPD, saam met Destea, voortgegaan met die multi-dissiplinêre operasies en nog ‘n buitelander in hegtenis geneem.

 

Die 35-jarige, wat aangekla word van die besit van ‘n inheemse plant sonder permit om te verkoop, het skuld erken en hy het ‘n boete van R3 000 gekry.

 

Hy is beveel om die boete voor 25 Julie te betaal of, alternatiewelik, op 25 Augustus in die hof te verskyn.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.