Polisie ondersoek saak van lyk- en grafskending

Die onthoofde lyk van ’n vrou, wat ook ’n regterarm vermis, is langs haar geskende graf in die Phumlani-begraafplaas in Thabong gevind.


Die onthoofde lyk van ’n vrou, wat ook ’n regterarm vermis, is langs haar geskende graf in die Phumlani-begraafplaas in Thabong gevind.

Die graf en lyk is op 22 Augustus grusaam geskend.

Dié toneel is ontdek deur ’n verbyganger, wat dit by die polisie in Thabong aangemeld het.

Die polisie het ’n broodmes en ’n deel van die kis wat die kop bedek, langs die graf gekry.

’n Saak van lyk- en grafskending is vir verdere ondersoek geopen.

Die familie van die oorledene word daarmee bygestaan ??om aansoek te doen vir die regmatige opgrawing van die lyk.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.